beter verhoudings logo

Beter Verhoudings

 

Gustav & Elna
Stigters van...

(Boeke in pdf formaat oor elke fasset van verhoudings en huwelike wat dadelik afgelaai kan word.)

 

PDF Boeke Bestelvorm

 

7 Sleutels (Leiergids)

 music

Verkoopprys: R 100

Hierdie leiersgids bied die regte benadering as ’n groepleier die ‘7 Sleutels’ kursus met ‘n groep wil behandel.
Hier is die opsomming van die ‘7 Sleutels vir ’n prethuwelik (Studiegids)’
So baie huweliksmaats voel deesdae dat die opwinding en pret in hul huwelike iets van die verlede is.  Hulle wonder hoe mens weer daardie ‘lekkerte’ om getroud te wees terugkry?

In hierdie studiegids behandel ons onder andere die volgende belangrikse sleutels as die antwoord op laasgenoemde vraag:

• Waardering ten spyte van verskille
• Hoe om uitdagings as span te hanteer
• Gesamentlike doelwitte en ideale
• Hoe om makliker op te offer die minste te wees en mekaar te dien
• Lekker kommunikasie en opregte belangstelling
• Die huweliksbed - ’n plek vir pret
• Geesvervuldheid

 

 


 

Die Huwelik 1

 music

Verkoopprys: R 100

Meer as 500 Bybelverse, gegroepeer in dertig hoofstukke (kommunikasie, konflik, eenwording, seksualiteit, romanse en meer), gee aan die leser die geleentheid om opnuut te ontdek wat die Bybel oor elke fasset van die huwelik sê. (Gustav & Elna Muller)

“Gustav en Elna het hierdie boek op ’n praktiese wyse saamgestel sodat die meesterlike inspraak van God se Woord elke aspek van die huwelik dek.  As ’n praktiese handbook is hierdie samestelling van Skrifwaarhede ’n moet vir elke person wat graag ’n suksesvolle huwelik wil hê.” (Past. Nevil Norden – Lewende Woord Bedieninge)

“Ek glo dat die biddende lees van hierdie boek die leser sal help om God se stem te hoor vir elke behoefte in sy huwelik.” (Ds. Dirkie vd Spuy – NG Moreletapark)

 

 

 


 

Oorwin Teleurstelling

 

Verkoopprys: R 100

Indien jy ’n begeerte het om teleurstelling in jou huwelik te oorwin, dan is hierdie werkboek vir jou bedoel.   Dit bevat opsommende inligting, praktiese Bybelse wenke en riglyne, groepbesprekingsvrae en projekte wat jou sal toerus om totale oorwinning oor teleurstelling te behaal. 

Die werkboek is ontwikkel vir gebruik deur individue, egpare, verloofdes of verliefdes.  Alhoewel individue of paartjies dit met groot vrug kan gebruik is dit so saamgestel dat dit ook in groepe soos Bybelstudiegroepe, huiskerke, omgeegroepe en vriende-groepe gebruik kan word.

Ons huldig die standpunt dat nie net egpare nie maar ook kinders, jongmense en enkelpersone reeds so vroeg moontlik oor verhoudingswaarhede, wat uiteindelik ten volle in die huweliksverhouding uitgeleef kan word, ingelig behoort te word.  Daarom is dit belangrik dat ook hulle blootgestel word aan hierdie inligting.

 

 

 

 


 

7 Sleutels (Studiegids)

 

Verkoopprys: R 100

So baie huweliksmaats voel deesdae dat die opwinding en pret in hul huwelike iets van die verlede is.
Hulle wonder hoe mens weer daardie ‘lekkerte’ om getroud te wees terugkry?

In hierdie studiegids behandel ons onder andere die volgende belangrikse sleutels as die antwoord op laasgenoemde vraag:

• Waardering ten spyte van verskille
• Hoe om uitdagings as span te hanteer
• Gesamentlike doelwitte en ideale • Hoe om makliker op te offer die minste te wees en mekaar te dien
• Lekker kommunikasie en opregte belangstelling
• Die huweliksbed - ’n plek vir pret
• Geesvervuldheid

 

 

 

 

 


 

Die Huwelik 2

 

Verkoopprys: R 100

Meer as 500 Bybelverse, gegroepeer in dertig hoofstukke (kommunikasie, konflik, eenwording, seksualiteit, romanse en meer), gee aan die leser die geleentheid om opnuut te ontdek wat die Bybel oor elke fasset van die huwelik sê. (Gustav & Elna Muller)

“Gustav en Elna het hierdie boek op ’n praktiese wyse saamgestel sodat die meesterlike inspraak van God se Woord elke aspek van die huwelik dek.  As ’n praktiese handbook is hierdie samestelling van Skrifwaarhede ’n moet vir elke person wat graag ’n suksesvolle huwelik wil hê.” (Past. Nevil Norden – Lewende Woord Bedieninge)

“Ek glo dat die biddende lees van hierdie boek die leser sal help om God se stem te hoor vir elke behoefte in sy huwelik.” (Ds. Dirkie vd Spuy – NG Moreletapark)

 

 

 

 

 

 


 

Praat jou Huwelik 1

 

Verkoopprys: R 100

In hierdie bundel bied ek en Elna praktiese raad, beginsels en waarhede vir die ontwikkeling of herstel van kwaliteit kommunikasie in verhou- dings en veral die huwelik.

Kwaliteit kommunikasie het die vermoë om jou huwelik gesond te hou of gesond te maak mits jy die basiese begin- sels jou eie maak en dit inoefen.

 

 

 

 

 

 

 


 

God se Gedagtes

 

Verkoopprys: R 100

In hierdie studiegids gaan jy die krag van jou gedagtewêreld ontdek. Jy gaan die afdraaipaaie, wat jou gedagtes so maklik laat verdwaal, identifiseer en leer om dit te vermy.

Jy gaan ook God se gedagtewêreld en alles wat Hy vir jou huwelik in gedagte het, ontdek, en dit gaan jou vrymaak van ongesonde gedagtes wat jou huweliksvreugde steel.

 

 

 

 

 

 


 

Kommunikasie Kursus 1

 

Verkoopprys: R 100

(Gebruik hierdie handleiding saam met die 4 MP3 praatjies getitel ‘Kommunikasiekursus 01’ ‘… 02’, ‘…03’ en ‘…04’.)

Die vermoë om woorde te kan praat is ’n vaardigheid (skill) wat baie tyd en toewyding geneem het om te bemeester.  Dieselfde geld vir die vermoë om woorde te kan skryf. 
Maar die vermoë om woorde te kan praat en skryf beteken gladnie dat ’n mens die vermoë bemeester het om konstruktief te kan gesels in interpersoonlike verhoudings nie.  Die vermoë om suksesvol te kan gesels is ook ’n vaardigheid wat baie tyd en toewyding neem om te bemeester, soos wat dit die geval is met enige vaardigheid wat ’n mens probeer bemeester. 
Hierdie kursus help jou om laasgenoemde onder die knie te kry.

In hierdie handleiding dek ons die volgende:

• Drie verskillende tipes kommunikasie
• Gereedskap vir konstruktiewe kommunikasie
• Hoekom dit soms moeilik is om konstruktief te kommunikeer

 

 

 

 

 

 

 


 

Praat jou Huwelik 2

 

Verkoopprys: R 100

In hierdie bundel bied ek en Elna praktiese raad, beginsels en waarhede vir die ontwikkeling of herstel van kwaliteit kommunikasie in verhou- dings en veral die huwelik.

Kwaliteit kommunikasie het die vermoë om jou huwelik gesond te hou of gesond te maak mits jy die basiese begin- sels jou eie maak en dit inoefen.

 

 

 

 

 

 

 


 

e-Kursusse

Registreer vir e-Kursusse     arrow     Ontvang per Epos    arrow    Werk op eie tyd deur

Gustav & Elna is ook...

Stigters van  k4m      hearts        Medewerkers by  intiem       hearts       Ambassadeurs van   huweliksweek