Gustav & Elna Muller (stigterspaar van Beter Verhoudings) is huweliksberaders met 20 jaar ervaring. Hulle is ook baie gewilde sprekers wat regoor die land en internasionaal optree. Hulle is bekendes op Radio Kansel, het al in verskeie TV programme opgetree en is medewerkers van Intiem Tydskrif.
Hulle is passievol oor suksesvolle verhoudings en glo dat dit die lewe ware betekenis gee. Daarom bied hulle graag beproefde praktiese sleutels tot sukses.
Honderde paartjies klop jaarliks by Elna se beradingspraktyk in Garsfontein, Pretoria aan vir beradingshulp.
Met hulle optredes landwyd bedien hulle duisende paartjies elke jaar.
Hulle is die stigters en leierpaar van Keys4marriage en Beter Verhoudings.
Hulle is meer as 27 jaar getroud met twee kinders.
Portfolio