beter verhoudings logo

Beter Verhoudings

 

Gustav & Elna
Stigters van...

Hierdie kursusprogram waarvan jy die lesse per epos ontvang en self deurwerk, gaan jou verras terwyl dit beproefde praktiese wenke bied om jou verhouding/huwelik na nuwe hoogtes te neem.

HOE OM DEEL TE WORD VAN DIE KURSUSPROGRAM

Word ʼn Klublid (Beter Verhoudings en Keys4marriage) deur die registrasievorm heel onder te voltooi en jy is outomaties deel van die kursusprogram.  Vir jou en jou maat om die kursusvoordele te geniet hoef slegs jy lid te word.

VIR WIE IS HIERDIE KURSUSPROGRAM?

Hierdie program is vir enige paartjie wat graag hulle verhouding wil verryk, versterk of herstel.

WAT IS DIE VOORDELE?

Kies elke maand ʼn kursus (bestaan uit 3 tot 4 lesse) en ontvang een les per week per epos – en werk dit op jou eie tyd deur.

Saam met elke maand se e-Kursus ontvang jy ook 'n gratis Oudio Opname en 'n gratis Geselsriglyn.

So baie mense getuig dat hierdie kursusprogram wondere doen vir persoonlike verhoudingsvaardighede en verryking van verhoudings.  Dalk is dit omdat dit werk soos ʼn mentorskapprogram eerder as ʼn ‘quickfix’ – (ons ervaring oor 20 jaar het geleer dat dit die beste benadering is).  Daarom glo ons dat dit ook vir jou tot seën sal wees.

HOE LANK MOET EK HIERVAN DEEL WEES?

Jy kan enige tyd van hierdie program onttrek deur ons skriftelik in kennis te stel.

WAT IS DIE KOSTES

Die koste is R120 per maand wat outomaties per debietorder van jou rekening afgetrek word.

WAT GEBEUR SODRA EK LID GEWORD HET?

1) Kies elke maand een van ons selfdoen verrykingskursusse en ontvang die lesse per epos (elke kursus bestaan uit 3 tot 4 lesse).

2) Ontvang outomaties een les per week (van die kursus wat jy gekies het) en werk dit op eie tyd deur, pas die wenke toe en sien hoe jou verhouding/huwelik nuwe woema kry.

VOLTOOI VORM

Vul die vorm aanlyn in. Kliek hier

OF

Laai Registrasie Vorm af & Stuur na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 

Sien die lys kursusse wat huidiglik beskikbaar is:


kommunikasie

Beter kommunikasie … 

Die volledige kursus bestaan uit vier lesse.  In elke les bied ons perspektiewe, antwoorde op vrae, wenke, huiswerk en Bybelstudie.  Na die kursus sal dit vir jou makliker wees om met jou maat te gesels oor belangrike sake en moeilike onderwerpe.
LES 1:  BESTAANSREG VIR ALBEI SE OPINIES:  In hierdie les kyk ons na die belangrikheid daarvan dat beide huweliksmaats die reg het om ʼn opinie te hê.
LES 2:  GEBRUIK DIE REGTE TIPE GESPREK:  Ontdek saam met ons die twee verskillende tipes gesprekke en ook wanneer om watter een te gebruik.
LES 3:  HOE OM DIT IN TE OEFEN:  In hierdie les deel ons praktiese maniere om kommunikasiebeginsels in te oefen.
LES 4:  VAN VERDEELDHEID NA EENHEID:  Die belangrikste van enige gesprek is dat die eenheid tussen twee mense behoue bly.  Ons gaan jou vertel hoe.

 


 

teleurstelling te verwerk

Hoe om teleurstelling te verwerk …

Die volledige kursus bestaan uit vier lesse.  In elke les bied ons perspektiewe, antwoorde op vrae, wenke, huiswerk en Bybelstudie.  Na die kursus sal dit vir jou makliker wees om verhoudingsteleurstellings te verwerk.
LES 1:  SAL ONS HUWELIK WEER HERSTEL?:  Ons spring weg met hierdie belangrike vraag wat so baie huweliksmaats vra na teleurstelling in hul huwelike en dan gee ons perspektiewe wat die fondasie lê vir die res van die kursus.
LES 2:  IS DIE ONSEKERHEID (WAT LEI TOT SO BAIE VRAE), WOEDE EN MOEDELOOSHEID NORMAAL?:  Na teleurstelling in die huwelik beleef die meeste mense al drie hierdie emosies.  Ons verduidelik dat dit normaal is en wat om daarmee te doen.
LES 3:  VERGIFNIS IS ʼN PROSES:  In hierdie les gee ons al die stappe wat nodig is om suksesvol te kan vergewe.
LES 4:  HERBOU DIE LIEFDESKONNEKSIE:  Ons gee praktiese wenke vir hierdie vierde fase van die verwerking van teleurstellings in die huwelik.

 


 

fantastiese huwelik1

Sleutels vir ʼn fantastiese huwelik (deel i) … 

Die volledige kursus bestaan uit twee dele en elke deel bestaan uit vier lesse.  In elke les bied ons perspektiewe, antwoorde op vrae, wenke, huiswerk en Bybelstudie.  Na die kursus sal dit vir julle makliker wees om julle huwelik te neem na nuwe fantastiese vlakke.
DEEL I
LES 1:  Letters A-C:  In hierdie les kyk ons na alles waarvoor die letters A tot C staan.  A staan byvoorbeeld vir “Affair Proof jou Huwelik”, “Aanraking” en “Aanvaarding”.  Ons gee by elke letter ’n oulike gesegde en dan bespreek ons elkeen van die aspekte waarvoor daardie letter staan en ons gee elke keer ’n praktiese wenk om te probeer.
LES 2:  Letters D-E:  In hierdie les kyk ons na alles waarvoor die letters D tot E staan.  D staan byvoorbeeld vir “Droom”, “Date Nights”, “Doelwitte” en “Deursigtigheid”..  
LES 3:  Letters F-H:  In hierdie les kyk ons na alles waarvoor die letters F tot H staan.  F staan byvoorbeeld vir “Flankeer (Flirt)” en “Finansies”.
LES 4:  Letters I-L:  In hierdie les kyk ons na alles waarvoor die letters I tot L staan.  I staan byvoorbeeld vir “Identiteit” en “Inspireer”. 

 


 

spanwerk

Spanwerk, rolverdeling en kernbehoeftes …

Die volledige kursus bestaan uit vier lesse.  In elke les bied ons perspektiewe, antwoorde op vrae, wenke, huiswerk en Bybelstudie.  Na die kursus sal dit vir julle makliker wees om as ’n sterk span die huweliksverhouding te geniet.
LES 1:  Goeie Spanwerk:  In hierdie les word verskeie gesegdes oor spanwerk hanteer asook die belangrike beginsel dat ’n huweliksdroom slegs realiteit kan word wanneer twee mense as span saamwerk.
LES 2:  Die Man se Vier Rolle:  Vir goeie spanwerk moet elkeen weet wat sy rol/le in die span is.  In hierdie les word die man se vier rolle en elkeen van die vier rolle se onderskeie stelle verantwoordelikhede behandel.
LES 3:  Die Vrou se drie Rolle:  Vir goeie spanwerk moet elkeen weet wat sy rol/le in die span is.  In hierdie les word die vrou se drie rolle en elkeen van die drie rolle se onderskeie stelle verantwoordelikhede behandel.
LES 4:  Bevredig mekaar se Kernbehoeftes:  Huweliksmaats het gewoonlik heelwat behoeftes maar daar is altyd twee of drie wat meer belangrik is as die ander.  Daardie twee of drie behoeftes word kernbehoeftes genoem.  Volgens WF Harley (His Needs, Her Needs) sal paartjies aanhou om mekaar onweerstaanbaar te vind solank hulle aanhou om mekaar se kernbehoeftes te bevredig.

 


 

fantastiese kommunikasie

Fantastiese kommunikasie in 4 weke …

Hierdie kursus bestaan uit vier lesse.  In elke les gee ons oefeninge wat jou en jou maat help om die beginsels van konstrukiewe kommunikasie in te oefen sodat dit vir jou en jou maat tweede natuur word.
Na die kursus sal dit vir jou makliker wees om oor enige aspek van jou verhouding te gesels en terselfdertyd ’n dieper konneksie met mekaar vorm.
Les 1:  Inleiding en oefeninge vir week een
Les 2:  Oefeninge vir week twee
Les 3:  Oefeninge vir week drie
Les 4:  Oefeninge vir week vier

 


 

beskerm jou huwelik1

Beskerm jou huwelik I …

Hierdie kursus bestaan uit vier lesse.  In elke les behandel ons een aspek wat baie belangrik is vir die beskerming en gelukkige voortbestaan van ’n huwelik of verhouding.
Les 1:  Kies Liefde
Les 2:  Vriendelikheid
Les 3:  God is jou Krag
Les 4:  Soen Meer

 


 

vrou

Hoe om jou vrou dolgelukkig te maak …

Hierdie kursus bestaan uit vier lesse.  In elke les gee ons vier praktiese maniere hoe ’n man sy vrou dolgelukkig kan maak.  By elkeen gee ons baie wenke en voorstelle wat dit maklik en doenbaar maak vir die man wat sy vrou soos ’n prinses wil laat voel.
Les 1:  1)Gesels met haar, 2)praat mooi en 3)komplimenteer haar
Les 2:  4)Maak gesinsverhoudings ’n prioriteit, 5)doen jou deel in die huishouding en 6)beskerm haar
Les 3:  7)Wees romanties, 8)maak voorspel spesiaal en 9)ken haar in jou besluite
Les 4:  10)Maak jou verhouding met God ’n prioriteit, 11)Voorsien finansieel en 12)ken haar liefdesbehoeftes

 


 

liggaamstaal1

Verstaan Mekaar se Liggaamstaal…

Hierdie kursus bestaan uit drie lesse. In elke les gee ons belangrike perspektiewe oor die werking en betekenis van liggamstaal in verhoudings. Die praktiese riglyne wat ons bied kan jou en jou maat help om meer effektief te kommunikeer en mekaar baie beter te verstaan.
Les 1:  Wat is liggaamstaal en hoe kan ’n mens aan ’n paartjie se liggaamstaal sien of hulle gelukkig is.
Les 2:  Hoekom is liggaamstaal so belangrik en hoe kan ’n mens aan jou maat se liggaamstaal sien of hy na jou luister as jy praat.
Les 3:  Hoe om jou maat se liggaamstaal te lees en hoe om liggaamstaal te gebruik om jou maat se aandag te behou as jy praat.

 


 

Verlief

Raak weer verlief op mekaar…

Hierdie kursus bestaan uit VIER lesse. In hierdie vier lesse gee ons sewe praktiese
en beproefde wenke vir paartjies wat weer van voor af op mekaar wil verlief raak.
Les 1:  Inleiding; #1 Hou op om in die Verlede te Leef;
Les 2:  #2 Wees Gewillig; #3 Bevredig Mekaar se Kernbehoeftes;
Les 3:  #4 Praat Mooi en Luister Regtig; #5 Wees Liefdevol;
Les 4:  #6 Doen iets Nuut; #7 Bid vir Nuwe Liefde.

 


 

rots2

Bou jou huwelik op die rots Deel II…

Om jou huwelik op die Rots te bou is om jou huwelik te bou volgens Bybelse riglyne.
In die DRIE lesse van Deel I en die DRIE lesse van Deel II van hierdie kursus gee ons Bybelse riglyne vir twaalf van die belangrikste areas van die huwelik in vier verskillende Bybelvertalings. Hierdie Bybelse riglyne kan jou help om jou huwelik in elkeen van hierdie twaalf belangrike areas solied op die Rots te bou.
Les 1:  Inleiding; #7 Die huwelik uit die groef; #8 Liefde;
Les 2:  #9 Finansies; #10 Man en vrou se rolle in die huwelik;
Les 3:  #11 Die klein goedjies; #12 Dat God jul huwelik sal gebruik

 


 

konflik

Beter konflikhantering …

Die volledige kursus bestaan uit vier lesse.  In elke les bied ons perspektiewe, antwoorde op vrae, wenke, huiswerk en Bybelstudie.  Na die kursus sal dit vir jou makliker wees om konflik konstruktief te hanteer.
LES 1:  HOEKOM HET HUWELIKSMAATS KONFLIK?  In hierdie les verduidelik ons wat konflik is, hoekom dit normaal in enige verhouding is en wat die mees algemeenste redes vir konflik is.
LES 2:  VOLWASSENHEID BEÏNVLOED KONFLIKHANTERING:  Saam met ’n evaluasie wat ’n indikasie gee van iemand se emosionele volwassenheid verduidelik ons in hierdie les hoekom en hoe emosionele volwassenheid konflik beïnvloed.
LES 3:  BETER KONFLIKHANTERING:  In hierdie les omskryf ons destruktiewe konflik en gee ons praktiese wenke om konflikhantering makliker en meer konstruktief te maak.
LES 4:  HERSTEL DIE LIEFDESKONNEKSIE NA KONFLIK:  Verkeerde maniere van konflikhantering kan die liefdeskonneksie seermaak.  As jy wil weet hoe mens die liefdeskonneksie na konflik weer kan herstel sal hierdie les jou baie help.

 


 

seks

Die a-z van seks … 

Die volledige kursus bestaan uit vier lesse.  In elke les bied ons perspektiewe, antwoorde op vrae, wenke, huiswerk en Bybelstudie.  Na die kursus sal seksuele intimiteit vir julle ’n wonderlike avontuur wees.
LES 1:  Letters A tot F:  In hierdie les kyk ons na alles waarvoor die letters A tot F staan.  A staan byvoorbeeld vir Aanskakelaars en Afskakelaars.  By Aanskakelaars kyk ons na tipiese goed wat huweliksmaats seksueel eenskakel en by elke letter gee ons ook praktiese ‘Probeer die volgende’ wenke.  Ons doen dieselfde met Afskakelaars en al die fassette van seksuele intimiteit waarvoor die letters B tot F staan.
LES 2:  Letters G tot L:  In hierdie les kyk ons na alles waarvoor die letters G tot L staan.  G staan byvoorbeeld vir Geurige seks, Gedagtes, Geniet en G-kol.  
LES 3:  Letters M tot R:  In hierdie les kyk ons na alles waarvoor die letters M tot R staan.  M staan byvoorbeeld vir Minaars, Masturbasie en Masseer.  
LES 4:  Letters S tot Z:  In hierdie les kyk ons na alles waarvoor die letters S tot Z staan.  S staan byvoorbeeld vir Stout speletjies, Sexy, Soen, Sensuele seks en Stort.

 


 

fantastiese huwelik2

Sleutels vir ʼn fantastiese huwelik (deel ii) … 

Die volledige kursus bestaan uit twee dele en elke deel bestaan uit vier lesse.  In elke les bied ons perspektiewe, antwoorde op vrae, wenke, huiswerk en Bybelstudie.  Na die kursus sal dit vir julle makliker wees om julle huwelik te neem na nuwe fantastiese vlakke.
DEEL II
LES 1:  Letters L-O:  In hierdie les kyk ons na alles waarvoor die letters L tot O staan.  L staan byvoorbeeld vir “Luister’ en “Lojaliteit”.  Ons gee by elke letter ’n oulike gesegde en dan bespreek ons elkeen van die aspekte waarvoor daardie letter staan en ons gee elke keer ’n praktiese wenk om te probeer.
LES 2:  Letters P-R:  In hierdie les kyk ons na alles waarvoor die letters P tot R staan.  P staan byvoorbeeld vir “Pret”, “Prioriteite” en “Passie”.  
LES 3:  Letters S-V:  In hierdie les kyk ons na alles waarvoor die letters S tot V staan.  S staan byvoorbeeld vir “Spanwerk” en “Seks”.  
LES 4:  Letters V-Z:  In hierdie les kyk ons na alles waarvoor die letters V tot Z staan.  V staan byvoorbeeld vir “Vergwatings”, “Vertroue” en “Vergifnis”. 

 


 

neg gedagtes

Negatiewe denke of God se gedagtes vir jou huwelik …

Die volledige kursus bestaan uit vier lesse.  In elke les bied ons perspektiewe, antwoorde op vrae, wenke, huiswerk en Bybelstudie.  Na die kursus sal dit vir julle makliker wees om julle gedagtes gesond te hou.
LES 1:  Die krag van Gedagtes:  In hierdie les gaan jy baie interessanthede oor die gedagtewêreld van die mens leer.  Een van hierdie interessanthede is dat daar maklik 7000 gedagtes elke uur deur die gemiddelde mens se kop gaan. Dit is ongeveer drie gedagtes per sekonde en die meeste van hierdie gedagtes gaan deur ’n mens se kop sonder dat jy dit besef.
LES 2:  Oorsake en Gevolge van Negatiewe Gedagtes:  In hierdie les gaan jy leer wat die drie algemeenste oorsake en die ses gevaarlikste gevolge van negatiewe gedagtes is.
LES 3:  God se Gedagtes vir jou Huwelik:  Probleme, teleurstellings en krisisse wil ons almal verlei om aardse negatiewe gedagtes te bedink, maar God het iets beter in gedagte.  Leer in hierdie les wat God se gedagtes vir jou verhouding/huwelik is.
LES 4:  Wenke vir die Pad Vorentoe:  In hierdie les gee Gustav en Elna vyf stappe om negatiewe gedagtes te verander in positiewe gedagtes.

 


 

trou1

Voor jy trou I …

Hierdie deel I van die kursus ‘Voor jy Trou’ bestaan uit vier lesse en deel II bestaan uit drie lesse.  In elke les bied ons perspektiewe, wenke, evaluasies, besprekingsvrae en Bybelstudie.  Na die kursus sal jy en jou maat ’n plan hê wat huweliksgeluk in die langtermyn vir julle sal moontlik maak - indien julle die plan volg.
Les 1:  Inleiding, plan en kernbehoeftes
Les 2:  Temperamente
Les 3:  Liefde
Les 4:  Kommunikasie en Liefdestale

 


 

beskerm jou huwelik2

Beskerm jou huwelik II …

Hierdie kursus bestaan uit vier lesse.  In elke les behandel ons een aspek wat baie belangrik is vir die beskerming en gelukkige voortbestaan van ’n huwelik of verhouding.
Les 1:  Bemoediging
Les 2:  Vergifnis
Les 3:  Versigtige Kommunikasie
Les 4:  Realistiese Verwagtings

 


 

man

Hoe om jou man dolgelukkig te maak …

Hierdie kursus bestaan uit vier lesse.  In elke les gee ons vier praktiese maniere hoe ’n vrou haar man dolgelukkig kan maak.  By elkeen gee ons baie wenke en voorstelle wat dit maklik en doenbaar maak vir die vrou wat haar man soos ’n prins wil laat voel.
Les 1:  1)Praat mooi, 2)Luister en 3)Bewonder en waardeer hom
Les 2:  4)Versorg die gesin, 5)Bestuur die huishouding en 6)Ondersteun hom
Les 3:  7)Wees prettig en opwindend, 8)Maak seks opwindend en 9)Respekteer hom
Les 4:  10)Maak jou verhouding met God ’n prioriteit, 11)Aanvaar sy vriende en 12)ken sy liefdesbehoeftes

 


 

finansies id huwelik

Finansies in die Huwelik…

Hierdie kursus bestaan uit vier lesse. In elke les gee ons belangrike perspektiewe en wenke wat kan help met die suksesvolle hantering van finansies in die huwelik.
Les 1:  13 algemene foute en hoe om dit te vermy.
Les 2:  Hoe om oor finansies te gesels.
Les 3:  Wenke vir die opstel en bestuur van ’n finansiële plan.
Les 4:  Hoe om uit skuld te kom.

 


 

bid

Hoe om vir jou huwelik te bid...

In die VIER lesse van hierdie kursus gee ons ’n totaal van twaalf lewensveranderende gebede wat elkeen ’n belangrike faset van die huwelik dek.
Hierdie twaalf gebede sal jou help om effektief vir elke belangrike faset van jou huwelik te bid.
Les 1:  Inleiding; #1 Bid vir ’n huwelik aan God toegewy; #2 Bid vir goeie kommunikasie; #3 Bid vir beter konflikhantering;
Les 2:  #4 Bid vir die regte prioriteite; #5 Bid vir ’n opwindende seksuele verhouding; #6 Bid vir die hantering van uitdagings;
Les 3:  #7 Bid jou huwelik uit ’n groef; #8 Bid vir ’n liefdevolle huwelik; #9 Bid vir julle finansies;
Les 4:  #10 Bid vir elkeen se rolle in die huwelik; #11 Bid vir die klein goedjies; #12 Bid dat God jul huwelik sal gebruik

 


 

feg konneksie

Huweliksgeluk in ʼn saamgestelde gesin …

Die volledige kursus bestaan uit vier lesse.  In elke les bied ons perspektiewe, antwoorde op vrae, wenke, huiswerk en Bybelstudie.  Na die kursus sal julle weet hoe om huweliksgeluk ’n werklikheid te maak.
LES 1:  HOE OM KINDERS IN DIE SAAMGESTELDE GESIN TE HANTEER:  In hierdie les kyk ons na verlies en aanpassing en hoe dit hanteer moet word.  Ander aspekte wat hanteer word sluit in die hantering van verskillende ouerskapstyle, konflik wat gereeld herhaal, dubbele standaarde, wie dissipline moet toepas en hoe om te besluit wie prioriteit is.
LES 2:  HOE OM MEKAAR SE ‘EKSE’ EN ‘EKSE’ SE FAMILIES TE HANTEER:  Vorige huweliksmaats en hulle ouers hou dikwels nie by die ooreenkomste wat die kinders aanbetref nie, hulle meng dikwels in en vertel vir die kinders negatiewe goed oor jou en jou nuwe maat.  In hierdie les gee ons wenke wat help om hierdie uitdagings te hanteer.
LES 3:  HOE OM FINANSIËLE KWESSIES TE HANTEER:  As jy wil weet hoe om geld te praat veral wat betref onderhoud, hoe en wanneer geld op kinders gespandeer moet word en as die begroting opgestel moet word is hierdie les spesiaal vir jou.
LES 4:  HOE OM EMOSIONELE BAGASIE TE HANTEER:  In hierdie les vertel ons jou wat emosionele bagasie is, wat die impak daarvan op ’n nuwe verhouding of huwelik kan wees en ons gee 4 wenke wat help om dit te hanteer.

 


 

geestelike intimiteit

Geestelike intimiteit met jou maat … 

Die volledige kursus bestaan uit drie lesse.  In elke les bied ons perspektiewe, antwoorde op vrae, wenke, huiswerk en Bybelstudie.  Na die kursus sal dit vir jou makliker wees om geestelik te groei en geestelike intimiteit met jou maat te ervaar.
LES 1:  Hoe om Geestelik te Groei:  Volgens 1Petr. 2:2 (kyk na die ou en nuwe vertalings) en Jak. 4:8 kan mens geestelik groei en in verhouding met God nader aan Hom beweeg.  In hierdie les kyk ons na die tien verskillende maniere hoe mens geestelik kan groei.
LES 2:  Geestelike Intimiteit met jou Maat:  Geestelike intimiteit (geestelike konneksie) tussen man en vrou is die mate waartoe hulle mekaar se geestelike groei ervarings ontdek, respekteer, waardeer en koester.  In hierdie les behandel ons die twee verskillende maniere hoe ’n paartjie dit kan regkry.
LES 3:  Die Rol van Innerlike Beloftes:  Meeste mense besef dit nie, maar innerlike beloftes is baie algemeen en kan ʼn mens se verhouding met die Here en met mekaar stelselmatig verongeluk.  In hierdie les kyk ons na presies wat innerlike beloftes is, die maniere hoe dit ontstaan en hoe dit hanteer moet word sodat dit nie ’n mens se verhouding met die Here en met mekaar verongeluk nie. 

 


 

hoe werk kop

Hoe werk my man/vrou se kop? … 

Die volledige kursus bestaan uit vier lesse.  In elke les bied ons perspektiewe, antwoorde op vrae, wenke, huiswerk en Bybelstudie.  Na die kursus sal dit vir julle makliker wees om mekaar se uniekheid te verstaan en daarvoor ruimte te gee.
LES 1:  Hy is Soos Albasters en Sy is Soos Tee:  In hierdie les gesels Gustav en Elna oor hulle grootste verskille, hoe dit konflik veroorsaak en hoe hulle die konflik suksesvol oorbrug.
LES 2:  Mans en Vrouens Kommunikeer Verskillend:  In hierdie les vertel Gustav en Elna hoe hulle gladnie dieselfde dink of kommunikeer nie en hoe hulle moes saamwerk om maniere te kry om mekaar te verstaan en mekaar se harte te hoor.
LES 3:  Mans en Vrouens hanteer Prioriteite, Stress en Spanwerk Verskillend:  In hierdie les verduidelik Gustav hoe hy taakgeoriënteerd is terwyl Elna prosesgeoriënteerd is.  Dit beïnvloed hulle prioriteite, hoe hulle stress hanteer en hoe hulle spanwerk sien.
LES 4:  Hoe sien Mans en Vrouens Romanse en Opwinding:  Gustav se grootste behoeftes in hulle verhouding is pret, seks en ondersteuning terwyl Elna s’n onvoorwaardelike liefde, gesels en tyd saam met mekaar, is.  In hierdie les verduidelik hulle hoe hulle hierdie verskille hanteer en hoe hulle die verskil tussen romanse en opwinding sien.

 


 

feg konneksie

Fisiese, emosionele en geestelike konneksie …

Die volledige kursus bestaan uit drie lesse.  In elke les bied ons perspektiewe, antwoorde op vrae, wenke, huiswerk en Bybelstudie.  Na die kursus sal dit vir julle makliker wees om julle konneksie op alle vlakke sterk te hou.
LES 1:  Hoe om Emosioneel te ‘Connect’:  Die kwaliteit van die konneksie tussen twee mense bepaal die vlak van bevrediging in daardie twee mense se verhouding.  Die teendeel is ongelukkig ook waar.  In hierdie les word emosionele konneksie gedefinieer en volledig behandel.
LES 2:  Hoe om Fisies te ‘Connect’:  ’n Fisiese konneksie is die band wat tussen twee mense ontstaan wanneer hulle mekaar fisies ontdek, waardeer, koester en leer geniet.  Leer baie meer oor fisiese konneksie tussen twee mense in hierdie les.
LES 3:  Hoe om Geestelik te ‘Connect’:  In hierdie les word daar gekyk na alles wat die geestelike konneksie tussen twee mense verswak en dit wat gedoen kan word om dit te versterk.

 


 

trou1

Voor jy trou II …

Hierdie deel II van die kursus ‘Voor jy Trou’ bestaan uit drie lesse (deel I bestaan uit vier lesse).  In elke les bied ons perspektiewe, wenke, evaluasies, besprekingsvrae en Bybelstudie.  Na die kursus sal jy en jou maat ’n plan hê wat huweliksgeluk in die langtermyn vir julle sal moontlik maak - indien julle die plan volg.
Les 1:  Geestelike groei & intimiteit en Spanwerk
Les 2:  Finansies en Addisionele besprekingsvrae
Les 3:  Addisionele besprekingsvrae (vervolg)

 


 

beskerm jou huwelik3

Beskerm jou huwelik III …

Hierdie kursus bestaan uit vier lesse.  In elke les behandel ons een aspek wat baie belangrik is vir die beskerming en gelukkige voortbestaan van ’n huwelik of verhouding.
Les 1:  Waak teen Emosionele ‘Affairs’
Les 2:  Wenke vir ‘Date Nights’
Les 3:  Vermy die ‘Blame Game’
Les 4:  ‘Flirt’ met jou maat

 


 

mentor

Hoe om 'n paartjie te mentor …

Hierdie kursus bestaan uit vier lesse.  In elke les behandel ons belangrike aspekte wat jou en/of jou maat kan toerus om ander paartjies, ongetroud of getroud, effektief te mentor.
Les 1:  Die doel en eienskappe van ’n huweliksmentor
Les 2:  Toerusting, wenke en vaardighede vir effektiewe mentorskap
Les 3:  Hoe om ’n ongetroude paartjie te mentor
Les 4:  Hoe om ’n getroude paartjie te mentor

 


 

tekens

10 Tekens…

Hierdie kursus bestaan uit vier lesse. In elke les gee ons ’n paar
waarskuwingstekens (alarms) wat daarop dui dat ’n huwelik in die moeilikheid is.Elke les bevat ook praktiese wenke wat kan help om ’n huwelik uit die moeilikheid te kry en/of uit die moeilikheid te hou.
Les 1:  Inleiding; #1 Die huwelik is nie ’n groot genoeg prioriteit nie;#2 Geen gemeenskaplike belangstellings
Les 2:  #3 Onvoldoende kommunikasie; #4 Konflik word vermy; #5 Negatiewe gedagtes
Les 3:  Inleiding; #6 Swak geestelike konneksie; #7 Verwyte en onverwerkte seer
Les 4:  #8 Geen vertroue en/of respek; #9 Swak romantiese en/of seksuele konneksie; #10 Uitbranding, depressie en/of middelafhanklikheid.

 


 

rots1

Bou jou huwelik op die rots Deel I…

Om jou huwelik op die Rots te bou is om jou huwelik te bou volgens Bybelse riglyne.
In die DRIE lesse van Deel I en die DRIE lesse van Deel II van hierdie kursus gee ons Bybelse riglyne vir twaalf van die belangrikste areas van die huwelik in vier verskillende Bybelvertalings.
Hierdie Bybelse riglyne kan jou help om jou huwelik, in elkeen van hierdie twaalf belangrike areas, solied op die Rots te bou.
Les 1:  Inleiding; #1 God die Middelpunt en Fondasie van jou Huwelik; #2 Kommunikasie;
Les 2:  3# Konflikhantering; #4 Prioriteite;
Les 3:  #5 Romanse en seks; #6 Uitdagings

 


 

e-Kursusse

Registreer vir e-Kursusse     arrow     Ontvang per Epos    arrow    Werk op eie tyd deur

Gustav & Elna is ook...

Stigters van  k4m      hearts        Medewerkers by  intiem       hearts       Ambassadeurs van   huweliksweek